Toibo Nuus - April 2018

Hierdie maand vertel ons u van een van ons leerders se heldedaad wat tragies geëindig het. Op 28 Februarie verdrink klein Thapelo Tambani in ’n watergevulde sloot by ’n konstruksieterrein in Soshanguve, noord van Pretoria. Thapelo was ’n negejarige dowe seun in graad 4 aan die Transoranje-skool vir Dowes.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Jaarverslag 2017/2018

TOIBO is al vir 71 jaar ’n diensorganisasie wat kerke en gemeentes mobiliseer tot ondersteuning, betrokkenheid en voorbidding ten einde kinders met gestremdhede tot hul volle potensiaal te laat ontwikkel. Meer as nege volhoubare projekte word deur die Instituut geborg om skole en veral leerders te ondersteun. ’n Beduidende hoeveelheid van die leerders is nog hulpbehoewend ook. Ons kan gerus Spreuke 19: 17 en 21: 13 in gedagte hou.

Kliek hier om die jaarverslag te lees.

Toibo Nuus - Januarie 2018

2017 was ’n hoogtepuntjaar vir die Instituut. ’n Jaar waarin 70 jaar van OMGEE en GENADE gevier is. Skaars het die nuwe jaar begin of ons word oorweldig deur goeie nuus wat ek graag met u wil deel.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - November 2017

Die Kersseisoen is op hande en dis tyd om ons werksaamhede af te sluit vir ’n welverdiende rustyd. Dankie dat u hierdie jaar saam met ons 70 jaar van OMGEE en GENADE gevier het. Kinders met ’n gestremdheid is baie spesiaal en dit is en bly ’n voorreg om hul lewens aan te raak en ’n verskil te maak.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - September 2017

NG Kerk Wierdapark-Suid het op 2 September 'n gemeentefees aangebied. Shanay Coetzer, 'n blinde dogter van Prinshofskool, het opgetree. Projek Hartklop het ook 'n hupstoot gekry met 'n skenking van R1113.25 (sente) en R1500 deur die Jeugbediening.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - Augustus 2017

Ons het die afgelope maand die voorreg gehad om TOIBO se 70ste bestaansjaar by drie van die Instituutskole te vier. Elke skool het ’n geskenk van R70 000 ontvang, en die Boom van die Jaar, die blinkblaar- wag-’n-bietjie, is as simbool van hoop geplant.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - Julie 2017

TOIBO was die afgelope maand besonder geseën met al die skenkings wat ontvang is. Van oraloor het die susters kom aflewer – NG Kerk Sanddrif die mooiste matriekafskeidrokke asook baie ander klere, Gereformeerde Kerk Rietvallei splinternuwe warm baadjies, NH Kerk Secunda pakkies met skryfbehoeftes en ’n lekker warm serp, Gereformeerde Kerk Kroonstad serpe, handskoene en musse, en NG Kerk Sasolburg-Sentraal serpe en handskoene. Vir die kleuters het Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn die oulikste poppies gebrei.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Jaarverslag 2016/2017

Kliek hier om die jaarverslag te lees.

Finansiële state 2015

Kliek hier vir die 2015 finansiële state.

Jaarverslag 2015/2016

Kliek hier om die jaarverslag te lees.