Ons skole


Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraal Gestremdes
Martie du Plessis Skool (gestig in 1962) is geleë in die hartjie van Bloemfontein en lewer ‘n diens aan leerders wat serebraal-, leer- en fisies gestrem is.  Die skool bied onderrig aan leerders van 3-jarige ouderdom tot Graad 12. 
 
Prinshofskool vir Gesiggestremdes
Prinshofskool vir gesiggestremdes is ‘n multikulturele, dubbelmedium (Afrikaans en Engels) skool geleë in die sentrale sakegebied van Pretoria.  Die skool open in 1963 en bied tans onderrig aan 320 blinde en swaksiende leerders vanaf graad 0 tot graad 12. 
 
Sonitusskool vir Gehoorgeremde
Sonitusskool vir gehoorgeremde leerders  glo  dat elke kind sy/haar volle potensiaal moet ontwikkel.  Ons skool is geleë in East Lynne, Pretoria.  Dit is een van die min skole in die land wat voorsiening maak vir onderwys aan gehoorgeremde leerders deur middel van ouditief verbale onderrig.  
 
Transoranje-skool vir Dowes
Die Transoranje Skool vir Dowes is in Pretoria-wes geleë en maak voorsiening vir die opvoeding en welstand van ongeveer 245 leerders met erge gehoorgestremdheid. 'n Jong leerder met doofheid vereis hoogs gespesialiseerde onderrig en leiding. 
 
Transvalia - Skool vir leerders met spesifieke leerbehoeftes
Transvalia-Skool is ’n skool vir leerders wat aan epilepsie ly en / of ernstige leerprobleme ondervind. Die skool voorsien in die spesifieke behoeftes van hierdie leerders m.b.v geïndividualiseerde, gespesialiseerde onderrig, remediërende onderrig, arbeidsterapie, spraakterapie, sielkundige ondersteuningsmeganismes en oudio-hulp.