Testamentêre bemakings

U nalatenskap aan die Transoranje Instituut sal 'n groot verskil maak in die lewens van kinders met 'n gestremdheid.

Maak híérdie kinders deel van die gemeenskap

Waarom?

U nalatenskap aan die Transoranje Instituut sal 'n groot verskil maak in die lewens van kinders met 'n gestremdheid.

Indien u 'n erflating aan ons Organisasie oorweeg, sal ons graag die opsies van so 'n gebaar met u wil bespreek.

Deur dit met ons te bespreek, kan u op u eie 'n deurdagte besluit neem wat 'n verreikende, positiewe uitwerking sal hê op die lewens van kinders met 'n gestremdheid. U gebaar van omgee sal 'n paslike huldeblyk aan u wees ná u leeftyd .... en ons sal die geleentheid hê om u van harte te bedank vir u ruimhartigheid. 

Hoe?

Die Instituut gee u die keuse oor hoe en waar u u geskenk wil laat aanwend. U sal die versekering hê dat u wens uitgevoer sal word en dat u erflating 'n lewende huldeblyk sal wees van u sorgsaamheid en ondersteuning aan kinders met 'n gestremdheid.

Onthou Asseblief: 'n Testament is 'n noodsaaklike deel van beplanning vir alle gebeurlikhede.

Ingevolge Art 4(h) van die Boedelbelastingwet (Wet 45 van 1955) word 'n Testamentêre bemaking of toevalling aan die Instituut vrygestel van boedelbelasting.

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys
Posbus 2921
Pretoria
0001

Tel: (012) 320-7644  
Faks: (012) 320-7712  
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee

Kies in watter vorm u u geskenk wil gee.

Wanneer u 'n Testament opstel, is dit belangrik om te spesifiseer hoe elke begunstigde bevoordeel word:

  • 'n spesifieke of vaste bedrag geld (byvoorbeeld R15 000)
  • 'n persentasie van u boedel (byvoorbeeld 25% van u boedel)
  • gespesifiseerde bate (byvoorbeeld eiendom, juwele of aandele)
  • lewensversekeringspolis/se (kan aan die Instituut gesedeer word)
  • 'n oorblywende bedrag (dit is wat oor is van u boedel of wat oor is nadat u voorsiening vir u geliefdes gemaak het)

Indien u besluit om 'n bedrag geld of 'n bate aan die Instituut na te laat, is dit belangrik om ons organisasie se volle naam en adres te gebruik:

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys
Posbus 2921, Pretoria 0001

Indien u reeds 'n Testament het, hoef dit nie noodwendig verander te word nie. U kan 'n legaat bemaking aan die Instituut doen deur die Bank of instelling wat u Testament hanteer te vra om 'n kodisil tot u Testament te voeg met die besonderhede.