Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes

Du Plooysingel 91
Fichardtpark Bloemfontein

Posbus 3185
Fichardtpark 9317

Telefoonnommer: (051) 522 6801
Faksnommer: (051) 522 6865
E-posadres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Marie du Plessis skool is gestig gedurende 1962 in is geleë in die hartjie van Bloemfontein en lewer 'n diens aan leerders wat serebraal-, leer- en fisiesgestremd is.   Die skool bied onderrig aan leerders van ouderdom 3 jaar tot Graad 12.

Behalwe vir die adademiese afdeling, beskik die skool ook oor die volgende hulpdiense:

  • 2 sielkundiges
  • 4 fisioterapeute
  • 4 spraakterapeute
  • 5 arbeidsterapeute
  • 4 ondersteuningsonderwysers
  • 'n verpleegkundige
  • Deeltydse maatskaplike werker
  • 'n Weeklikse neurologie kliniek gelei deur 'n neoroloog van die Universiteit van die Vrystaat

Die ondersteuningspan evalueer leerders en verskaf dan die nodige individuele of groepsterapie om die leerders te help om hulle volle potensiaal te bereik.  Daar word gepoog om goedgebalanseerde, goedaangepaste jongmense die lewe in te stuur.

Alhoewel die skool gespesialiseerde onderrig aanbied, word die leerders nie van die gemeenskap geisoleer nie en  hier speel sport en buitemuurse aktiwiteite 'n belangrike rol.

Die skool het oor die jare puik prestasies op sport-, akademiese- en kultuurgebied behaal.

Die skool groei steeds en spog met 'n leerdertal van 475 leerders.

Die skool gaan van krag tot krag en leef hul leuse Ad Luceem! (Na die Lig!) met oorgawe uit.